Dis my Afrikaanse blogg. Ek sal probeer om net in Afrikaans hier te skryf.
Tuesday, December 6, 2016
Skuldig
Hy het nie regtig geweet wat hom getref het nie. Die skoot weergalm in die koue lug en spring van die gevriesde bome, klippe, heuwel. Sy liggaam vlieg in die lug, spin 'n halwe draai, val op sy rug, kop eerste, oor die droee blare en sneeu teen die heuwel af. 'n Boom stop sy glip. Is hy dood? Ek hoop so.
Jammerte omdat ek hom eerste raak gesien het, in my onskuld, hom uitgewys het. Jammer mooi klein roesbruin diertjie, jammer dat die boer sy kuikens moet beskerm, jammer dat ek nie maar liewer stilgebly het nie, jammer dat al hierdie dingetjies jou lewe gekos het, jammer dat ek daar was, jammer... jammer... jammer...
Soos dominoes word daar gese. Of was dit die vlinder-effek? Wat maak dit tog regtig saak? Alles is inmekaar geweef. Niks staan alleen. Elke ding hoe klein ookal, beinvloed die ander. Die besonderse donker grommende wolke skiet weerlig strale uit. Swaar trane dik met hael reen uit die donderse weer. Nat aarde, oorstroom na jare se droogte, verspoel in die oorvloed. Waar gaan die saadjies vashaak, vashaak en miskien groei?
Enkele tree, enkele woorde, enkele aksies, die kyk in n oog, elkeen word 'n steen in die kasteel wat ons gevangenis word. Ons pyn word bitter veroordeling. Swaar gebukkend onder die las, struikelend hou ons die glimlag vas. Buite sonskyn, binne reen en hael... ys.
My liewe klein foksie 'n minuut vroeer sou my gesig weggedraai gewees het. My oe op die hond. Reg op daardie oomblik moes die gesprek se angs my oe buite toe jaag. Uit die vertrek en die seer vrees wat my forseer om vals skuld reghoekig in die gesig te staar.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment