Friday, December 23, 2016

Hierdie Een

Met die tweede kramp bel sy die vroedvrou. Haar oudste kind het aan die slaap geraak tussen die poppe. In die badkamer val die baba uit in die toilet. Haar misnoee met die kind se geslag laat haar vir 'n sekonde wens sy kon dit wegspoel. Sy knoop die geboortegordel en wag vir die vroedvrou. Waar die baba stil op die  vloer le^ kom 'n onsienlikke vinger saggies te ruste tussen haar ogies.

Later, maande later, le^ die ou dingetjie in haar wiegie. Sy huil maar niemand kom nie. Haar boudjies brand. Haar magie is leeg. Ousus is te klein om te help. Pappie werk. Mammie is in die badkamer, besig om op te gooi. Wanneer gaan sy leer dat huil 'n nodelose misbruik van energie is? Die Meester buig oor die wiegie en plaas 'n vinger op haar koppie en fluister: " Hierdie Een."

Na amper 'n hele mislikke somer gaan mammie na 'n kleniek om die baba te he^.  Ousus en kleinding bly by ouma. Hulle begryp nie wat aangaan nie. Hulle weet net "Mammie is weg".  Toe sy terugkom huil sy baie. Sy kan nie die kinders se gekerm verdra nie. Sy bind hulle beentjies met ou sykouse aan die tafelpote vas, los hulle daar op komberse om te sit, te speel, te slaap. Die Meester buk ongesiend oor die kleintjie, sit Sy vinger tussen haar ogies en se^: " Hierdie een. Hierdie een."

Pappie vat haar saam met hom. Miskien kon mammie nie ophou huil oor boetie se dood nie. Miskien was sy nie lus vir die baba nie. Miskien was 'n twede dogter oorbodig. Pappie laat haar speel in die modder waar hy tuinmaak. In die olie en gereedskap terwyl hy aan di  kar werk. By die rivier bind hy 'n tou om haar lyfie vas met die ander end om 'n boom sodat sy nie inval terwyl hy visvang nie. Meester le^ Sy vinger saggies op haar voorkoppie.

Later l^e ons blommetjie alleen in die donkernag, yskoud op haar bedjie. Nagmerries, slegte drome en 'ruggie stukkend geslaan met 'n lat. Sy wonder wanneer dit gaan stop. Sy wonder of iemand ooit regtig lief sal wees vir haar. Miskien is sy so sleg dat die hemel haar nie wil he^ nie. Maar die Meester buk oor haar bedjie, le Sy vinger op haar voorkoppie, reg tussen haar ogies en se: " Hierdie een. Hierdie een. Hierdie een..."

'n Dag breek aan toe baba 'n kind word. 'n Derde dogter was teen daardie tyd gebore en die gesogde seun is 'n baba. Ons kindjie dra 'n geel rokkie met swart skoene sonder kouse. Haar hare is lank in twee vlegsels. Onseker en skugter leef sy om weg te kruip. Op 'n Donderdag, jeugdag, loop sy die gangetjie af tot voor die kansel. Raak sy weg in die skare wat reageer op die  uitnodiging. Die Meester se vinger rus op haar voorkop en Hy se^: "Hierdie een. Hierdie een. Hierdie een is Myne."

No comments: