Laaste blare klou desperaat aan die spoke vingers wat swart die blouste blou lug insteek. Winde wat asblikke omwaai het ook die vaal bruin blare in hope hope geblaas waar die heinings hoekies maak. Hy het reeds twee grondboontjies in sy kieste. Sy swart vingertjies werk saam met sy tandjies om die een wat hy nou het uit die dop te kry. Sy lyfie bewe en sy bosstert krul. Hy werk so vinnig asof sy lewe daarvan afhang. Sy lewe hang voorwaar daarvan af. Binnekort sal niemand hier in die parkeerterein kom sit en grondbone vir die eetkorinkies gooi nie. Hulle sal almal in hulle huisies en woonstelletjies wegkruip vir die koue.
Hulle is meesters van voorbereiding. Die hele somer skarrel hullerond om op te gaar vr die koue tyd wat kom. Daar is geen debat, geen wonder, geen navorsing nie. Hulle weet net dat dit kom. Hoog in die bome, waar mensehand selde kom, maak hulle 'n huisie met 'n stoorlamertjie. Wie sê vir hulle: " Die winter kom. Maak gereed?" Hoe weet hulle om heel somer okkerneute, grondboontjies en selfs die bolle van blomme weg te bêre? Of praat dieselfde Hemel Vader met ons almal maar eetkorinkies luister net beter.
Grys dae. Winter. Tye waar een-voet-voor-die-ander 'n oorwinning is. Dit kom in elke lewe. Party hoor die waarskuwing en maak gereed. Die fondasie word verstewig. Emosionele sterkte opgestoor. Liefde uitgedeel soos soetkoekies. Genade uitgestort soos reën. Ons gooi die net ver en wyd, vang al die "memories" wat ons kan, vir later. Daar is sulke wonderlike hulp vir onthou, in fotos.
Maar daar is ook voorbereiding vir die donker koue dar in ons siel en gees. "Leer maar Sy weë wanneer jy jonk is," staan geskrywe, " voor die ongelukkigge dae kom wasrvan jy sal sê: " Hiervan hou ek glad nie." "

No comments:
Post a Comment