Tuesday, October 29, 2013

Liewe Ou Suid Afrika, Ek mis jou.

Vandag moes ek ver pad ry vir 'n Suid Afrikaner. Amerikaners dink nie dat twee ure op die pad is ver nie. Die pad was mooi want dit is baie bebos hier en die herfs tooi die bome is so baie mooi kleure.

Dis laat in die herfs en die son se strale begin vroeg al lank word en die goud van winterson verf elke blaartjie met helderheid wat die somer son nooit kan by kry nie. Die somer son is silver en die herfs son, winter son, is goud. Die hout rook van die kaggels en houtstowe vul die lug met die asem, die geur van tuis. Daar is 'n bitter koue wind wat die droee blare laat sing. Die baritone en alt dreun in die bosse en die voeltjies bring die soprane en tenore. Waar kom hierdie diep verlange vandaan?

Ek verwag die klontjie op sy donkie om die draai. My oog soek vir die Afrikaans op naam borde en erens, vandag, het ek gedink aan die blou-rooi-en-wit padtekens.  Kan daar nie maar net 'n pad stalletjie wees waar ek biltong en koeksisters kan koop nie? Of miskien op een van hierdie houthuise se mooi stoepe kan sit met 'n koppie boeretroos en ouma se karringmelk beskuit.

Hier loop my hart sulke lang draaie. Weemoed vir 'n plek ver weg... nie net in kilometers nie maar ook in tyd. Tye toe ons nog kaalvoet in die rooigrond van die Hoeveld kon loop en grashalpies tussen ons tande kou. Die tortel duiwe hier is 'n aardigheid, daar was dit die alledaagse. Hier loop die bokkies, kalkoene, eetkorinkies en muishonde wild rond, maar my hart verlang na meerkaaie en bloukop koggelmanders en voels wat 'n simfonie sing, nie 'n kwarted nie.

Ek weet dis pers tyd in Pretoria en in die Laeveld blom die bome in rooi en geel en pienk. Donderstorms bring die nat-stof geur en die lied van die nag word onderbreuk deur valse note van skote wat inbreek op die vrede.

Ag, hoe kan ons dit ooit weer herwin? Is die dae van onskuld vir ewig verby?
Hoe plak ons die eierdoppe weer bymekaar en genees die roosknoppie met die blaartjies gekneus en stukkend, verstrooi?

Maar die grootste droefheid kom nie in woorde nie maar die weemoed wat daar staan in die oe van blou en groen en bruin. Jare van moegheid, leed en pyn, Angs en 'n kreet van wanhoop. Foto's spreek soos boeke van seer.

Ek slaan my oe op na die berge... dis nie die regte berge nie tog ego dit my kreet... waar sal onse hulp dan vandaan kom? Here, U alleen weet!

Monday, October 14, 2013


'n Pragtige Waarskuwing

Sondag more het ek 'n gemeente van 'n ou vriend besoek. Die jong man wat die diens geopen het, het sy liefde vir die herfs seisoen so uitgedruk: "I think in heaven, it will always be Fall; no summer heat or winter cold, just Fall."

Daar is iets in die koel, vars lug van die herfs wat my gedagtes draaie laat loop. Die seisoen is eintlik baie kort, vier of ses weekies lank. Ek hou van lang paaie ry. Daar is nog plekke waar die stof paaie deur die heuwels kronkel en die bosse en bome so ongelooflik mooi is. Die klip mure, bruggies, houtheinings en plank skure staan soos versierings op hierdie lieflike koek. Mens se oe wil net kyk en kyk en na 'n rukkie klink al die "ooeee" en "aaahhh" ook leeg.

Soms vroeg in die more is daar mis op die pad en heuwels. Die son lyk soos 'n gloeiende maan en die bome steek hier en daar hulle geel en vlammende koppe uit. Die dae word korter en die son se strale lyk of hulle lank en vol goud is. Die geur van vars houtvuur dwarrel deur die lug en mens word 'n koppie warm, gespysineerde appelsap aangebied.

Hierdie mooiste lieflikste seisoen met al die getooi en tradissies kom as 'n boodskapper. Dis bring die waarskuwing dat winter kom. Dis nie die winter soos in Suid Afrika nie. Nee,  die herfs se temprature is soos winter in die Laeveld. In die winter leef ons in ys en sneeu en temprature wat onder vriespunt is meeste van die tyd. Ons dra swaar stewels met goeie sole sodat ons op ons voete kan bly en trek baie lae klere aan met mussies en handskoene en serpies om ons van die koue te beskerm. Ons vervang die bande op ons motors en party sit spesiaale bande met metaal pennetjies aan. Ons koop sout en sand gemeng om op die paadjies te strooi om die ys te smelt. Ons bly binneshuis en hardloop maar net gou-gou waar ons net moet gaan... dis behalwe die brawes wat stukke hout aan hulle voete vasmaak en teen nekbrekende spoed teen die berge afjaag. Die dae word vreeslik kort en die kinders gaan skool toe in die donker en kom in die donker weer terug. Party dae is die dag ook so vaal donker en bewolk en dit kan vir weke so aangaan.

Niemand word kwaad vir herfs omdat dit met al die mooi ook die onderliggende boodskap dra dat die koue, ys, sneeu en donker dae kom nie. Ons wens nie dat herfs moet wegbly nie, ons verwelkom dit.

Net so is die boodskappers wat vir die wereld die blye boodskap bring dat ons nou ook vrede met God kan he want Hy het Sy seun in ons plek gestuur. Ons kan 'n vol wonderlikke lewe he wat hierdie dinamiese verhouding met 'n liefdevolle, gawe God insluit. Daar is liefde, daar is volheid, daar is wysheid, daar is verlossing en genesing. Die wondere van die fantastiese lewe wat moontlik is in 'n verhouding met God deur Jesus Christus gebruik al my woorde op.

Tog is daar ook in al hierdie mooi, in al hierdie liefde 'n waarskuwing. Die wat besluit om Hom te ignoreer, die wat besluit om teen Hom te kies, vir hulle wag 'n lewe van swaarkry sonder hulp, van huil sonder 'n teenwoordige skouer en 'n ewigheid in donkerte en smart.

Dis herfs nou, maar winter kom.

Sunday, June 30, 2013

My Hart is My Grootste Vegveld.

Terwyl ek gister met my sus gesels oor al die geweld en slaggate in die wereld, kom ons weer tot die uiteinde dat ons, ons harte nie kan verdonker nie. Dis so menslik om in vrees en haat te lewe. Ek weet dis nie van die Here af nie want wanneer ek vrees, wanhoop en geweld in my gedagtes toelaat word my gees swaarmoedig en donker. Die mantel van hopeloosheid is 'n baie swaar gewig om te dra en my hele liggaam en siel sug onder die vreeslikke las.

Die ou segoed wat my ouma en ma altyd gebruik het kom nou weer dikwels as geel ligte by my op: "Dit sal my siel versondig" was een van hulle gunstellinge. Dit word nou 'n wagwoord vir my om nie my oe op dinge te plaas wat my siel sal versondig nie. Wanneer ek die leuens en die "vloeke" wat as vryheid verkondig word sien dan will ek my donkie se kakebeen neem en my Fillistyne doodmaak, maar dan kom sagte murmur van die soete Heilige Gees wat se dat die Here sal omsien. Dat Hy is ons lig en ons bergvesting. Dan weet ek soos Job in wie my geloof is en ek weet dat as Hy ons klaar deur hierdie toets laat gaan dat ons soos goud aan die anderkant sal skyn.

Moenie vrees nie. Die Here is getrou en Hy sal saam met die swaarkry ook die uitkoms stuur.

Monday, February 18, 2013


VAN RIEBEECK SE GEBED (1652) 

Barmhartige, genadige God en hemelse Vader, volgens u goddelike wil is ons geroep om die sake van die Verenigde Nederlands Geoktrooieerde Oos- Indiese Kompanjie hier aan die Kaap die Goeie Hoop te bestuur.
 Met hierdie doel voor oë is ons met ons Raad in u heilige Naam vergader om met die Raad se advies sodanige besluite te neem waarmee ons die Kompanjie se belange die beste kan bevorder. 
Ons is hier om die wet te handhaaf en om, as dit moontlik is, onder hierdie wilde en onbeskaafde mense u ware gereformeerde Christelike leer voort te plant en bekend te maak tot lof van u heilige Naam en tot voordeel van die wat oor ons regeer.
 Hiertoe is ons sonder u genadige hulp allermins in staat.
 Daarom bid ons U, allerhoogste Vader , dat U met u vaderlike wysheid by ons sal bly. 
Ons bid dat U self leiding in ons vergadering sal gee en ons harte so verlig dat alle verkeerde hartstogte, tweedrag en ander dergelike gebreke van ons geweer sal word sodat ons harte van alle menslike hartstogte skoon sal wees. Laat ons gemoedere so ingestem wees dat ons in ons beraadslaging niks anders beplan of besluit nie as dit wat mag strek tot grootmaking en lof van u allerheiligste Naam en tot diens van die wat oor ons regeer. 
Laat ons nie in water mate ook al op eie voordeel of winsbejag let nie, maar net op die uitvoering van ons opdragte en dit wat vir ons saligheid nodig is. Ons bid en vra dit in die Naam van u geliefde Seun, ons Heiland en Saligmaker, Jesus Christus ... wat ons leer bid het: Ons Vader wat in die hemel is, ... Amen

Sunday, February 17, 2013


n Tyd vir Wen!

Die storie van Gideon in Rigters 6 spreek boekdele aan ons land en ons nasie. Die politikale ding sal wees om te se en te aanvaar dat ons almal die nasie opmaak. Maar die werklikheid is dat ek ‘n Afrikaner is en dat die nasie, die volk van Afrikaner en Afrikaans as ‘n taal, onder aanslag en verdrukking is. Dit neem nie enigge groot moeite om te weet dat daar van erens ‘n doel en ‘n missie is om alles wat Afrikaans is van die aardbol uit te roei nie: Die taal en sy mense, die land en tradissies, die godsdiens en sy God.

Ek het nie genoeg kennis van Suid Afrikaanse geskiedenis om die historiese parallel te trek tussen Israel en Suid Afrika(die Afrikaner) nie. Tog is dit duidelik dat daar ‘n ooreenkoms is. Die Here het ons uit baie lande en tale getrek na die suidpunt van Afrika, om van ons ‘n nuwe nasie en ‘n nuwe taal te maak. Hy is ons oorsprong en ons ingeneur. Hy is die een wat ons geroep het om ‘n volk te wees waar daar geen volk was nie en Hy is die een wat ons geboorte gegee het. Hy is ook die een wat ons in stand sal hou.

Vir 7 jaar, ly Israel (die volk van God) onder die hand, die heersing, die misbruik van die Midianiete(twis) en hul compadre, hul bondgenoot Amalek(bewoners in die vallei, dié van onder, Esau se afstammelinge, die broer wat nie sy gawes waardeer nie en verkoop dit vir 'n pot sop). Israel (die Volk van God) skuil in grotte en rotsvestings in die berge. Hulle is magteloos en al wat hulle kan doen is om weg te kruip. Hulle het sommige van hulle identiteit verloor en ly aan 'n nasionale minderwaardigheid kompleks. Nou, vra ek die Afrikaner mense; is twintig jaar nie genoeg nie? Hoe lank sal ons as ‘n nasie ons identiteit wegsteek? Hoe lank sal ons die skande en skade van ons land en volk oorlaat aan hulle wat ons met ‘n witwarm haat, haat?

Wanneer God se volk saai, kom die vyand en verwoes die oes. Twis en die Onder-wooners het gekom om die Volk in armoede en honger te dompel. Maar die Volk van God roep uit na die Here. Dit laat mens wonder hoe lank dit sal vat voordat die noodkreet uit die Afrikaner bors sal kom: “Jesus red Suid Afrika! Verlos ons nasie van die bose!”

Daar was niks wat Israel kon doen nie. Hulle verdrukking was so erg dat hulle nie ‘n milligram moed oorgehad het nie. Hulle kon nie die juk van slawerny afgooi nie. Hulle kon nie ontsnap nie. Afrikaners word uitgeroei soos peste en niemand in die wereld gee om nie. Daar is geen toesprake daaroor in die wereld vergaderings nie en geen popgroep maak liedjies daaroor nie. Dis maar iets wat almal, die Afrikaner ingeslote, dink dat dit verdiende is. En selfs as dit is, (en ek se nie een of die ander nie) kan ons net tot die Here uitroep en vergifnis kry sodat Hy ons kan red van volkome uitwissing Waar is die land van die Afrikaner nou? Waar is die plek waar hulle Afrikaans praat?

Toe die volk van God so na die Here uitroep, stuur Hy ‘n profeet om te se: “Die Here se: Ek het julle uit die land van Egipte gebring (‘n tipe of sonde maar ook dat Hy ons van Europa gebring het ) van ‘n huis van slaverny. Ek het jou uit die hand van die Egiptenaars verlos en uit die hand van almal wat julle verdruk het ( Hier kom die Franse Hugenote na my gedagtes wat vir hulle geloof gevlug het)  En ek het julle hierdie land gegee, die erfenis van die Kanaaniete. (Het die Here nie hierdie land van Suid Afrika vir die Afrikaner gegee nie. Wat van Bloedrivier? Wat van die gelofte?) En Ek, die Here se vir jou: Ek is jou God; Vrees nie die gode van die Amoriete nie ( die praters, stemme. Hulle was die grootste stam in Kanaan en word dikwels gebruik om die hele Kanaan te bedoel) in wie se land jy nou bly.  MAAR JULLE HET NIE MY STEM GEHOORSAAM NIE.

Ongehoorsaamheid het altyd nagevolge. Ons vergeet God. Ons neem aan die gelowe en gebruike van ander lande en eet die gemors wat deur Hollywood, New York, London en Parys opgedis word. Ons neem die identiteit van hulle wat baie wind en min waarde het, en dan wonder ons waarom ons dieselfde onheil beleef wat hulle so netjies toesmeer. Dit antwoord ten minste deel van ons vraag: Hoekom?

Nou kom die ENGEL VAN DIE HERE, ‘n Goddelikke besoek, ‘n openbaring. Die Engel van Die Here kom 58 keer voor in die skrif. Elke keer is dit in ‘n onmoontlikke situasie; iets wat menslik onmoontlik is. Dis altyd wanneer daar ‘n Goddelikke ingryping is. Die eerste keer in Genesis 16:7

Onder ‘n Terpentyn boom in Ofra(kalfie) is ‘n man, die seun van Joas(gawe van God) ‘n Abiezriet(my vader is hulp) en sy naam is Gideon(die kerwer, kapper). Hy is in die gat wat gegrou was om druiwe in uit te trap vir wynmaking, maar hy is besig om koring uit te slaan vir ‘n bietjie brood. Hierdie was ‘n goeie skuilplek waar die Twis-mense hom nie kon sien nie. En weer eens sien ek die ooreenkoms met ons nasie. Hoe moet ons, onsself nou wegsteek om ‘n lewe te maak. Die jongmanne sukkel om werk te kry en te hou en mense kry nie verhoging of bevordering nie al is dit verdiend. Hoeveel maal het mens al gehoor: “Pas jou werk op” en hoeveel sukkel met wrede onregverdigge base want hulle kan nie bekostig om ander werk te soek nie. Ons mense sukkel en probeer maar so onder die radar as mooontlik te lewe.


Maar hoor wat die Engel van die Here vir Gideon(vir jou en my) se: “Die HERE is met jou, dapper held! “  Nou ek is seker dat Gideon oor sy skouer gekyk het om te sien wie anders daar in die wynpers saam met hom was. - Dit lyk of dapperheid hoog op die lysie is van dinge wat die Here plesier. Kyk maar na Joshua 1.- Gideon se antwoord kom in die vorm van vrae en klagtes en wantrou: “Ag, my heer, as die HERE met ons is, waarom het al hierdie dinge ons dan oorgekom? En waar is al Sy wonders waar ons vaders ons van vertel het, deur te sê: Het die HERE ons nie uit Egipte laat optrek nie? Maar nou het die HERE ons verwerp en ons oorgegee in die hand van die Midianiete.” Kan jy die stemme van ons volk en nasie hoor wat se dat die Here ons verlaat het; dat ons alleen staan en dat daar geen hoop is nie?
“IS DIT NIE EK WAT JOU STUUR NIE?”  In die film “the Sound of Music” Maria se hierdie woorde: “I was on God’s errand!” Hierdie is een van daardie sending wat van die Here kom. Dis nie oorspronklik van ‘n mens nie.


Maar Gideon kruip nou weg agter elke ekskuus wat hy kan kry: “Ag, Here, waarmee sou ek Israel verlos? Kyk, my geslag is die swakste in Manasse, en ek self die geringste in my familie.” Miskien is dit die rede waarom hy daar in die put was, want hy was die een wat maar gespaar kon word. Die een wat niemand sou mis nie. Ons het ‘n soortgelyke antwoord van Moses en koning Saul en Debora en Ester en die lys gaan aan. Dit lyk mos vir my of die Here hulle soek wat nie ‘n verhoogte idée van hulleself het nie. Hy soek maar die onnoselle vissermanne.
“EK SAL MET JOU WEES sodat jy die Midianiete(Twis) soos een man sal verslaan.” Nou, die Here gee nie vir ons ‘n opdrag en klim dan in die toeskouer sitplek nie. Hy is daar by ons. Hy is met ons in die geveg. Hy is daar waar ons stry met die dood, met die bose wat ons wil oorweldig, met die donker magte wat ons wil uitwis.


Maar Gideon is steeds nie seker nie: “As ek dan guns in u oë gevind het, doen vir my ’n teken, dat U dit is wat met my spreek.” Hierdie is ‘n groot vraag, want as ons seker is dat dit die Here is wat met ons praat, het ons geen ander opsie as om te gehoorsaam nie. Die enigste aksie is om die doen wat Hy se of om ongehoorsaam te wees. Ek moet ook se dat ons seker moet maak dat ons die regte stem volg. Leer ken Hom sodat in die tye van nood, jy Sy stem sal herken.


Tweedens moes hy ‘n plek van aanbidding bou. Hierdie laat my aan die Gelofte Kerk as gevolg van die Gelofte dink. Daar is meer as een klein kerkie wat die Here van ons land en nasie soek. Daar is ‘n skrif wat vir Israel vra: As ek die Here is, waar is my eer? En ek vra ook dat as Hy die Here is waar is Sy eer in ons land en nasie. Voor die oorneming van ander nasies, het ons ten minste die Sondag geheilig en Sy naam geheilig. Wie is die God van ons land en nasie nou?


Gideon gehoorsaam bang. Hy gaan in die nag en doen wat hy beveel was. En die opstoking wat hy verwag het, kom. Hulle kom om hom dood te maak maar, dis nie al nie, ‘n oorlog breek uit teen hulle verniellers. Dikwels dink ons die eerste ding wat ons doen moet geneog wees. Ons dink die klein dingetjie wat die oorstroming veroorsaak het sal die oorstroming uitvee, maar dit werk nie so nie. Nou het ons ‘n oorlog op ons hande, maar dis die Here se oorlog. Daar is oorwinning voor die deur want as dit die Here se geveg is, is daar altyd oorwinning. Hy wen altyd. 


DIE GEES VAN DIE HERE HET GIDEON GEVUL en hy het die vyand op God se manier, met God se bende, verslaan. Dis baie belangrik om deur die Heilige Gees gelei te wees. Daar is geen plek vir ons eie emosies en denke om ons in rigtings in te gooi nie. Dis net alleeen wanneer ons luister na Sy Heilige Gees en gevul met hierdie Gees die vakkel en erdekruik opneem, dat ons die oorwinning sal sien.


Dit lyk of die Here sy klaaglied ignoreer: “Gaan in hierdie krag van jou en verlos Israel uit die hand van die Midianiete.(Twis/oorlog/elllende en armoede)” Miskien as ons opienie van onsself van die Here kom sal ons ‘n meer ware beeld he. Hierdie is die roeping van die Here. Dis die ding wat hier in jou diepste wese kom le wat jou laat doen, al is jy bang. Dit is die onderskraging wat geen menslikke oorsprong het nie.


Gideon gee ‘n offerande, en die vuur van die Engel brand dit op. Hierdie is versekering dat dit wel die Here is wat aan hom verskyn het. Nou bou hy ‘n altar, ‘n monument en noem dit : Jehovah Shalom – Die Here ons Vrede (die teenoorgestelde van Midian/twis) Daar sal altyd ‘n offerande wees: Tyd, geld, liefde, aansien, genot. Ons God is die God van antwoorde. Hy is ons Vrede in plaas van Twis. Hy is ons skuilplek in tye van onheil. Hy is ons rykdom in armoede. Hy is ons oorwinning in die dale van verdrukking.

Geen ondervinding met die Here los ons dieselfde nie. En ons stap altyd weg met iets wat gedoen moet word. Die eerste item op Gideon se lys is om die afgode af te breek. Wat is ons afgode vandag? Is dit nie die dinge wat die wereld vir ons se is belangrik nie? Is dit nie die gierigheid na geld, haat en bitterheid nie? Is dit nie die soeke na aansien en possiesie nie? Is dit nie om ‘n naam vir onsself te maak nie? Of miskien is jy ‘n vrymesselaar, dwelmslaaf of alkoelis, verslaaf aan seks of dobbel of miskien is daar ‘n ander geheime beweging wat teen God en Sy gebod is, wat jy trou aan gesweer het. Wat is die ding of mens wat jy aanbid in plaas van God? Miskien is dit self, die eie ek. Dis tyd om daardie af te breek. Om ‘n vuur te maak en dit te verbrand.





Daar is altyd oorwinning in die geveg wat aan die Here behoort. Hy verloor nooit. Oorwinning is seker. Dit is seker as ons gehoorsaam en doen wat Hy bevel. Ons sal oorwin want dis die Here se oorlog.

Sunday, February 3, 2013


Die Stem Van Suid-Afrika
(Cornelius Jacob Langenhoven)

Uit die blou van onse hemel,
Vit die diepte van ons see.
Oor ons ewige gebergtes waar
Die kranse antwoord gee,
Deur ons ver-verlate vlaktes
Met die kreun van ossewa
Ruis die stem van ons geliefde,
Van ons land Suid-Afrika
Ons sal antwoord op jou roepstem,
Ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe
Ons vir jou, Suid-Afrika.

In die merg van ons gebeente,
In ons hart en siel en gees,
In ons roem op ons verlede,
In ons hoop op wat sal wees,
In ons wil en werk en wandel,
Van on wieg tot aan ons graf
Deel geen ander land ons liefde,
Trek geen ander trou ons af.
Vaderland! ons sal die adel
Van jou naam met ere dra:
Waar en trou as Afrikaners
Kinders van Suid-Afrika.

In die songloed van ons somer,
In ons winternag se kou,
In die lente van ons liefde,
In die lanfer van ons rou.
By die klink van huw'liks-klokkies,
By die kluitklap op die kis
Streel jou stem ons nooit verniet nie,
Weet jy waar jou kinders is.
Op jou roep se ons nooit nee nie,
Se ons altyd, altyd ja:
Om te lewe, om te sterwe
Ja ons kom, Suid-Afrika.

Op U Almag vas vertrouend,
Het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here!
Om te handhaaf en te hou
Dat die erwe van ons vaad're
Vir ons kinders wrwe bly:
Knegte van die Allerhoogste,
Teen die hele wereld vry.
Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou o Heer
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.