VAN RIEBEECK SE
GEBED (1652)
Barmhartige, genadige God en hemelse Vader, volgens u goddelike wil is ons geroep om die sake van die Verenigde Nederlands Geoktrooieerde Oos- Indiese Kompanjie hier aan die Kaap die Goeie Hoop te bestuur.
Barmhartige, genadige God en hemelse Vader, volgens u goddelike wil is ons geroep om die sake van die Verenigde Nederlands Geoktrooieerde Oos- Indiese Kompanjie hier aan die Kaap die Goeie Hoop te bestuur.
Met hierdie doel voor oë is ons met ons
Raad in u heilige Naam vergader om met die Raad se advies sodanige besluite te
neem waarmee ons die Kompanjie se belange die beste kan bevorder.
Ons is hier
om die wet te handhaaf en om, as dit moontlik is, onder hierdie wilde en
onbeskaafde mense u ware gereformeerde Christelike leer voort te plant en
bekend te maak tot lof van u heilige Naam en tot voordeel van die wat oor ons
regeer.
Hiertoe is ons sonder u genadige hulp allermins in staat.
Daarom bid
ons U, allerhoogste Vader , dat U met u vaderlike wysheid by ons sal bly.
Ons
bid dat U self leiding in ons vergadering sal gee en ons harte so verlig dat
alle verkeerde hartstogte, tweedrag en ander dergelike gebreke van ons geweer
sal word sodat ons harte van alle menslike hartstogte skoon sal wees. Laat ons
gemoedere so ingestem wees dat ons in ons beraadslaging niks anders beplan of
besluit nie as dit wat mag strek tot grootmaking en lof van u allerheiligste
Naam en tot diens van die wat oor ons regeer.
Laat ons nie in water mate ook al
op eie voordeel of winsbejag let nie, maar net op die uitvoering van ons
opdragte en dit wat vir ons saligheid nodig is. Ons bid en vra dit in die Naam
van u geliefde Seun, ons Heiland en Saligmaker, Jesus Christus ... wat ons leer
bid het: Ons Vader wat in die hemel is, ... Amen

No comments:
Post a Comment