Dis my Afrikaanse blogg. Ek sal probeer om net in Afrikaans hier te skryf.
Saturday, June 27, 2020
Gemmerbier
Gemmerbier.
Mammie weet mos dat ek glad nie alkohol drink nie. Maar ek is 'n boere meisie en lemonade en koue tee het nog nie op my kom groei nie. In die somer hou ek van gemmerbier. Ons kan dit hier te koop kry maar dit het gewoonlik te veel suiker in. Ek kry Gosselings Diet Ginger Beer by die drankwinkel maar hou meer van my eie reseppie.
Ek het so verlede week die 2 gallon bottel met kraantjie half vol met louwarm, gesteriliseerde water gemaak. Daarby half koppie roesyne, 'n koppie en half Gemmer wortel gerasper en 2 teelepels gis bygevoeg. Ek het 'n vadoek oor die deksel vasgemaak met 'n rekkie en dit op die stoep gaan sit. Gewoonlik gooi ek dit deur die sif en sit dit in die yskas net wanneer dit begin gis.
Maar met al die gehardloop as gevolg van virusse en onluste en poletiek en werk en Jane... het ek daarvan vergeet. Vandag doen ek so bietjie herstel werk aan die voordeur en daar staan die bottel.
Ek bring dit in en gooi dit deur die sif in 'n groot beker in. Toe proe ek eers. Dit was bietjies te suur. Smaak soos Hannah se Kambucha tee. Ek gooi al die kuns suiker wat ek het daarin. Roer en proe weer. Daar is nog te veel stukkies gemmer in, so ek gooi dit deur 'n doek en proe maar weer 'n bietjie. Ek haal die kleiner gallon bottle met die kraantjie van die rak af en gooi die gemmer bier daarin. Sien eers toe die vloeistof op die vloer mors, dat die kraantjie oop is. Gou eers skoon gemaak. En proe maar weer. Ek besluit om van Jane se appelsap in te meng om dit bietjie te versoet. En toe proe ek weer. Toe ek die bottels in die spens indra dink ek dat ek seker maar moet sien of mens die kraantjie kan gebruik so op die rak. Toe proe ek weer so bietjie.
Nou het ek al 'n koppie tee gedrink en vir Hannah gebel om raad te vra, want oor amper twee ure moet ek werk en ek dink, ek het of die brousel te lank laat staan of te veel geproe.
Ek kan nog op my stoel sit en 'n laai oopmaak om iets te kry... wonder as ek stort of my brein sal wakker word?... Miskien kan ek bel en sĂȘ dat ek ongelukkig nie kan kom werk nie maar hoe sal daardie gesprek gaan: 'Ek het per ongeluk te veel geproe' Of 'Ek het per ongeluk die Gemmer bier te veel skop gegee'?
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment