Saturday, October 15, 2016

Hy verras my siel.

Ek hou glad nie van verrassings nie, soos party mense glad nie van harlekyne hou nie. Dit laat my kop gons, my keel toetrek en my hart so wild klop dat dit seer is. Daar was miskien te veel onaangename verassings in ons kinderdae. My opvoeding het my geleer om my emosies binne te hou maar die eerlikke waarheid is dat verrassings, selfs die goeie verassings, nie my koppie tee is nie.

Gee my liewer bietjie tyd om voor te berei vir wat ookal mag kom. Al is daar fiesies niks wat kan gedoen word nie, laat my denke en emosies ten minste rat verander. Dis hier waar die soete Heiligge Gees my genadiglik meestal waarsku as daar n verassings aanval kom.

Soms is daar smagte in mense se siel, sulke verlange wat net vir 'n oomblik soos dou op die bosveld gras is. Jy verlang na n geur, 'n klank, die voel van iemand se hand, die klank van 'n stem, die  spoortjie wat trane deur grimering maak tydens aanbidding en jy dink dis te simpel om eens oor te bid. Mens laat dit maar gaan in die gemorslaai van ons siele want dis dalk onbereikbaar en te kosbaar om te deel.

Maar dan kom daar die tye wanneer die Heer uit hierdie laaitjie Sy verassings bring. Dis met hierdie sugte, hierdie begeertes, wat ek Hom hoor fluister: "Ek lief jou, jy is myne." "Ek hoor jou, Ek antwoord." Hy sien die smagte in my innerlikke geheimenis en van daar pluk Hy Sy liefdes rosies wat my last giggel soos n verliefde skoolmeisie.

Heer, gee my die gewaarwording om nie hierdie liefdesrosies te mis nie. Wanneer my lewe jaag en al meer en meer versugtinge die laatjie volmaak, laat my besef wanneer U vir my so rosie stuur.

No comments: