Friday, September 30, 2016

Kom hier, my geliefde, kom rus 'n bietjie.


Vandag gesels ek met n hartsvriendin oor die afgelope maand se gebeure in my lewetjie. Toe besef ek hoe party lesse eerste hands geleer moet word. Ons mis  belangrikke dinge omdat dit nie by ons opinie van geestelikheid pas nie. Party goed het ons met goud geverf, soos die babatjie se eerste skoentjies wat gebrons word. En ander het ons agter in die kaste weggepak en van vergeet. 

Dertig jaar terug, toe ek jonger en vol energie was, het my gejaag na God my in 'n boom laat beland. Ons was so besig met mensies bedien dat daar bitter min tyd was vir persoonlikke tyd met die Here. Daar was 'n boom wat oor die rivier gehang het. Hier kon ek saans met skemer wegkruip om tyd en ruimte te deel met die fokus van my soektog. Sonder om regtig te verstaan wat en hoekom ek dit gedoen het, het ek vir meer as twee weke daar gaan inkruip vir 'n paar minute met die liefde van my siel. Dis hier waar Hy so duidelik gese het:" I want you to go to Amerika." 


Die hunkering van my siel kon nie stil raak nie. Deur die jare het ek agter Hom aangejaag met die doelgerigtheid van 'n maraton atleet. My intelegensie is volgeprop met feite. Ek het die Bybel van voor tot agter en agter tot voor gelees in twee tale, baie vertalings en Grieks en Hebrews begin studeer sodat ek presies kan weet wat dit se. My gebede was baie en altyd grypend na die volgende boek of openbaring. Aanbiddings liedere vul my gemoed deur amper elke wakker oomblik.  Tog weet ek nou dat daar lesse is wat ek nie kon leer op hierdie manier nie.

Daar is oe en ore in ons harte. 
"Here laat my luister met my hart. 
Laat my sien met my gees." 
Daar is n plek van siele rus. Daar is n plek waar mens tot ruste kom. Waar die spartel na volkomendheid tot stilstand kom. Die passie is nie dood nie. Die liefde is nie flou nie. Nee, dis dieper en loop swaar en ernstig. 

Daar is 'n plek, 'n tyd, wanneer my siel soos 'n volgedrinkte baba my rus vind in Sy teenwoordigheid. Hier is die volheid van Sy wese genoeg. Hier merk ek nie meer versies om te kruis verwys vir latere studie nie. Hier loop ek stadig en voel my siel 'n holte waarin ek pas. 

Ek hoor met my harts-ore Sy stem na my roep. Hy roep so saggies, so amper fluister : "Kom hier my geliefde. Kom rus so bietjie."



No comments: