Thursday, March 25, 2021

In die Bos


Die stroompie brommel sy lof,
Die voƫltjies voeg hulle viooltjies by.
En die wind sing so rustig deur die bos en bome.
Hoe kan ek nou nie my lofsang bring?
Hoe swyg ek oor U genade so onbeskryflik groot? 


So saggies deur die bosse... so vreeslik saggies sweef die aroma in my neus.
Dis bos en water, gras en blom.
En so nou en dan die lieflikke son.
O hart van my, waar is die woorde om U lof te bring.



My seun, my seun....

Laat my dink aan die tyd toe my oudste seun na die Marines toe is. Hy was tuis geskool en hierdie ma het my kind omtrent elke dag van sy lewe by haar gehad. Toe is hy net weg vir drie maande. Al wat ek kry is 'n weeklikse een velletjie briefie, geskryf op die Marine skryfpapier. Sien hom nie en hoor hom nie.
Na die drie maande gaan ons vir sy graduering van basiese opleiding. My knopknieƫ, maer, science-nerd seun het 'n man geword. Sy arms was so dik soos sy beentjies was. Sy tafelmaniere het honderd persent verbeter. Sy waardering vir sy ma ook. Hy het ook die "kuns" aangeleer om homself te beteuel wanneer ander mense hom in 'n argument probeer uitlok.
Hierdie ma het baie trane gestort toe hulle ons 'n video gewys het, met die plegtigheid, van hoe die opleiding gedoen was. Maar my seun? Hy is nou al 7 jaar uit en ek kan steeds die goeie gevolge van sy diens sien.