Sunday, November 27, 2016

Tuis, Werklik Tuis....

Ek kan die stof met die veraf houtrook op die morelug ruik. Die knars van die sand en die droee gras onder my voete amper hoorbaar. Die vars koelte van die vroeg more skemer verkwik my siel. Opgewonde om te gaan stap, om die volgende uur en n bietjie met my Vader te gaan gesels. 


Dan wanneer ek terugkom, met my innerlikke storm n bietjie meer uitgewoed, is Moedertjie daar. Haar nagrokkie steeds aan maar sy sit in haar stoel onder die lamp met haar hekelwerk. Sy se ek moet tee kry. Dit klink lekker soos n fees uitnodiging. Die tee proe soos tee maar dit is so baie beter uit Mammie se mooi blomme bekertjie met die dun randjie.

Die deure, nee hekke, van my hart het oopgeval. Die trane wat moes kom, wou kom oor soveel gebeure tuimel uit soos kalfies uit die stal in die lente. Snikke kom van ver uit my siel, jare se droefheid wat in my hartkas ingeprop was verskrik my met die oorvloed. En my skaam poging om dit weg te steek slaag glad nie.

Hoe hou mens die teuels van jou hart as jy amper nooit tuis kom nie? Dawid se na waters waar daar rus is. Het hy n tuis-plek bedoel? Nie die plek nie maar die mens wat "tuis" die waarde gee. N mens-plek waar jou gees en siel weet, weet sonder jou denke, dat jy veilig is, dat jy geliefd is. 

Hoe heg mens waarde aan so n gawe? Hoe kleur mens die prentjie sodat ander verstaan? Hoe weeg dit in die skaal van skatte? Huistoe waar ek tuis is. Dis waarna my hart verlang.


Tuesday, November 22, 2016

N Tyd Om Te Praat

Dit was een  van  daardie oomblikke waarna jou gedagtes terugkeer male sonder tal. Oktober 22. Maandagmore. Die voels was nog nie klaar met hul eerste vers van die dagbreek lied nie. Bloukop koggelmander het skeef-skeef die bome ingehardloop. Ek dink amper dit het gereen die vorige nag.

Ons was in die rylaan langs my verloofde se kar. 'N klein fronsie het tussen haar oe gespeel. Mooi bruin-groen oe, unieke oe wat n skilder al sy dae sal gee. Daar was 'n honderd vrae in hulle. "Kom jy nou net van die biduur af?" Die antwoord kon maar net nie verby die knop in my keel nie. Al wat ek kon aan dink was om weg te kom. Die deur was oop en vir een of ander rede het ek die kaartjie uit my Bybel getrek en oorhandig.  Meer konsternasie. "Is dit mutual?" Ek skud net my kop want trane rol al klaar. " Kom terug 10 uur...."

Die dag en dae wat hierna gevolg het was geensins maklik nie. Mense se teleustelling het in woede ingedraai en die geblaf het dit moeilik gemaak vir die pastoor.  Die stofwolk wat my besluit veroorsaak het was verstikkend. My gemoed, my jong hart, kon kwalik staan onder die geweldigge druk. Hulle wat nog genade in hulle harte vir my oor gehad het, het probeer help op enige manier moontlik... Party in die proses het dinge net donkerder ingekleur.

Dit was moeilik op soveel tereine, tog het ek in die jare sedert, die Here n duisend dankies geoffer omdat hierdie mensie die moed gehad het om die moeilike vrae te vrae. Dit het nie baie geneem om my te kry om te erken wat my hart reeds geweet het nie. Al wat ek nodig gehad het was iemand om my toestemming te gee om te doen wat ek geweet het moes gedoen word. Dis n brawe ding om te doen; om iemand te oortuig dat die verhouding wat hulle aan klou nie die beste vir hulle is nie.

Liefde of verliefdheid maak mens blind. Jy het reeds prentjies van die sekuriteit wat voorle. Daar is n rus met weet wat kom. Al is daar n knaende vraagteken in ons siele, ploeter ons maar voort want ons dink dis maar net one eie simpelgeid. Ons vertrou nie die stem wat diep uit ons gees vir ons rooi ligte gooi nie. Miskien het die tradissies van die kerk, die baie leerstellings, wat ge-orden is om ons vas te boei aan die kerk en nie noodwendig Christus nie,  ons geleer om nie hierdie innerlikke stem te ag nie.


Dit neem mense wat omgee vir jou, mense wat die gevaar waag om jou vriendskap te verloor, om jou te stop. Dit neem iemand om te vrae: "Is jy seker dis die regte ding?" Hoe baie hartseer, pyn en ontsporings kan verhoed word as ons maar net n bietjie brawer was? As ons eerlik met 'n vriendin, 'n maat, kan wees oor die rigting wat hulle inneem? Hoe kan ons miskien mekaar se lewe, bediening, loopbaan, familie ens. red.

Maar heellaas! Ons is meestal in ons verskriklikke ordentlikheid "useless" in die werklikheid van mekaar se lewe. Ons kies om eerder vir nagte sonder slaap te gaan en te bid tot ons regtig blou in die gesig is. Ons kies om niks te se nie maar ons, soos die geel lafhartigges wat ons is, te onttrek. Ons hou ons die reg voor om later, as dit te laat is, kommentaar te lewer. Ons kan dan lekker daaroor "deel", of om eerlik te wees,  te skinder. Maar ons mond was vol tande toe woorde kon saak maak, toe ons die risiko moes loop om self skade te ly ter wille van iemand wat ons voor lief is.

Vir hierdie oomblikke sug ek. Vir die tye toe my ruggraat maar slap was en my woorde, in my siel alleen in die nag, in monsters vergroei het. Ek staan nou aan die kantlyn van jou lewe, met my hoed in my hand, woordeloos bid ek dat jy die braafheid sal he wat my ontbreek het. Bid ek elke dag, baie kere, "Ag Here, beskerm." "Ag, Here keer die onheil wat ek so tasbaar voel." " Genade, Here Jesus, Genade!!"

En my teleurstelling vir my eie geel "gutless" hart ken geen perke nie.