Friday, September 30, 2016

Kom hier, my geliefde, kom rus 'n bietjie.


Vandag gesels ek met n hartsvriendin oor die afgelope maand se gebeure in my lewetjie. Toe besef ek hoe party lesse eerste hands geleer moet word. Ons mis  belangrikke dinge omdat dit nie by ons opinie van geestelikheid pas nie. Party goed het ons met goud geverf, soos die babatjie se eerste skoentjies wat gebrons word. En ander het ons agter in die kaste weggepak en van vergeet. 

Dertig jaar terug, toe ek jonger en vol energie was, het my gejaag na God my in 'n boom laat beland. Ons was so besig met mensies bedien dat daar bitter min tyd was vir persoonlikke tyd met die Here. Daar was 'n boom wat oor die rivier gehang het. Hier kon ek saans met skemer wegkruip om tyd en ruimte te deel met die fokus van my soektog. Sonder om regtig te verstaan wat en hoekom ek dit gedoen het, het ek vir meer as twee weke daar gaan inkruip vir 'n paar minute met die liefde van my siel. Dis hier waar Hy so duidelik gese het:" I want you to go to Amerika." 


Die hunkering van my siel kon nie stil raak nie. Deur die jare het ek agter Hom aangejaag met die doelgerigtheid van 'n maraton atleet. My intelegensie is volgeprop met feite. Ek het die Bybel van voor tot agter en agter tot voor gelees in twee tale, baie vertalings en Grieks en Hebrews begin studeer sodat ek presies kan weet wat dit se. My gebede was baie en altyd grypend na die volgende boek of openbaring. Aanbiddings liedere vul my gemoed deur amper elke wakker oomblik.  Tog weet ek nou dat daar lesse is wat ek nie kon leer op hierdie manier nie.

Daar is oe en ore in ons harte. 
"Here laat my luister met my hart. 
Laat my sien met my gees." 
Daar is n plek van siele rus. Daar is n plek waar mens tot ruste kom. Waar die spartel na volkomendheid tot stilstand kom. Die passie is nie dood nie. Die liefde is nie flou nie. Nee, dis dieper en loop swaar en ernstig. 

Daar is 'n plek, 'n tyd, wanneer my siel soos 'n volgedrinkte baba my rus vind in Sy teenwoordigheid. Hier is die volheid van Sy wese genoeg. Hier merk ek nie meer versies om te kruis verwys vir latere studie nie. Hier loop ek stadig en voel my siel 'n holte waarin ek pas. 

Ek hoor met my harts-ore Sy stem na my roep. Hy roep so saggies, so amper fluister : "Kom hier my geliefde. Kom rus so bietjie."

Thursday, September 22, 2016

'N Tyd om ons Huis in Orde te Kry - Afrikaner Volk.

Ek kon my innerlikke skok kwalik wegsteek. Wat vier jaar terug n op en wakker, gelukkigge tannie was, met liefde vir die Here en n skitter in die oog bly daar nou n gebroke, brose mens wat kwalik teenwoordig is.  Wat het gebeur? Wat het hulle met tannie gedoen?   Daar volg n verhaal van n seun en sy vrou. Van kinders wat van die ouer verwyder raak en dan die koue, haatsinnige gedrag.  My hart wonder of die vloek slegs een familie beset. Of miskien erens in die voorsate het iemand gruwelik teen die Here gesondig en hierdie geskeurde, gebroke familie is die gevolg.

Maar met die volgende harts oopbloting sien ek die pyn in die moederhart and die angste verlange na n kind wat haar nie meer wil ken nie.  En dan die volgende een: hulle staan tussen ouma en oupa en kleinkinders. Dan is daar een wat amper 5 jaar laas met sy ma gepraat het, getroud is sonder haar en vir wie sy nie meer bestaan nie. Moeders sny hulle af van hulle kinders, wil nie he daar moet geweet word waar sy woon nie en kinders, moeg van die gedurigge pyn en soeke na liefde draai om na ander oorde van sorg. Seuns wat so moeg is vir hulle wrede pa dat hulle selfs vir ma oortuig om te skei.

Wat op aarde het hierdie nasie oorgekom? Waar le die knak wat so skeur aan die materiaal waarvan ons gemaak is? Is daar enigge hoop? Het ons n oor om te hoor?

Die Woord praat van n gebrek aan natuurlikke liefde in die laaste dae. Is daar iets meer natuurlik as om vir jou kinders lief te wees? Daar staan geskrywe dat in die laaste dae sal die Here die harte van die kinders na hul ouers draai en die harte van die ouers na die kinders draai. Is dit dalk die vyand se plan om sy eie "tjaila" tyd uit te stel??

My siel kreun onder die gewig van die droefheid wat hier onder die oppervlakte sit. Die hulpeloosheid, seer verlange kruip in my siel in. En die bitter haat verwurg my amper.... waar hartloop ek met hierdie las vir n verrinneweerde nasie?

Koning Dawid se hy gaan vra by die Here, Here wat nou? Ek kom ook daar uit. Want die gruwels wat ek hoor maak prentjies in my hart waar dit vashaak en my boelie, selfs wanneer ek iets probeer geniet. Dit sit soos n bosaap op my skouer en ek luister, luister maar weer na n ander hartverskeurende verhaal.

O Here, die wreedheid. Die wrede afknaag en woede van die sambok wat neerkom op die mooiste dogter se rug om haar te forseer in n huwelik teen haar wil... het ons dan geen liefde, geen waarde vir God se gawes nie?

Ek soek vir antwoorde vir die vieslike, gruwelikke gebeure op die nuus en dan wonder ek of hierdie nie dalk alles deel is van een groot skuld nie. Ons doen en doen en praat en praat en reken nie op die opinie van die Here wie ons so maklik belei as Meester nie. Ons maak die bed, die nes, aaklig vuil en dan soek ons die Here om ons te red. Hoor ons die harde woord?  Kan ons hoor dat ons moet omkeer en terug draai, terug draai van ons euwel in ons misbruik en mishandeling van ons kinders?

 Kan ons hoor dat daar 'n God is wat die kindertjies wat so verniel word na Hom toe roep? Ons stel ons aan dat hulle aan ons behoort soos n slaaf, soos n stupid inboorling sonder siel(nie my opinie nie)..... Hoe kan ons, ons kinders se siele so verkrag en dink die Here is goed daarmee?

Dis dalk tyd om ons kniee te buig voor ons God en ons gesinne; vergifnis te soek vir die onnosele arrogansie van ons wandade in ons huise. Dis die moeilikste groep om ons voor te verootmoedig. Ons kan nie buig voor hierdie gehoor nie. Ons klou aan die reg om baas te wees. Vergeet ons dan dat Jesus leiers as dienaars aanstel en van hulle die tol sal verwag vir die siele onder hulle sorg?