‘n Tyd vir Wen!
Die storie
van Gideon in Rigters 6 spreek boekdele aan ons land en ons nasie. Die
politikale ding sal wees om te se en te aanvaar dat ons almal die nasie opmaak.
Maar die werklikheid is dat ek ‘n Afrikaner is en dat die nasie, die volk van
Afrikaner en Afrikaans as ‘n taal, onder aanslag en verdrukking is. Dit neem
nie enigge groot moeite om te weet dat daar van erens ‘n doel en ‘n missie is
om alles wat Afrikaans is van die aardbol uit te roei nie: Die taal en sy
mense, die land en tradissies, die godsdiens en sy God.
Ek het nie
genoeg kennis van Suid Afrikaanse geskiedenis om die historiese parallel te
trek tussen Israel en Suid Afrika(die Afrikaner) nie. Tog is dit duidelik dat
daar ‘n ooreenkoms is. Die Here het ons uit baie lande en tale getrek na die
suidpunt van Afrika, om van ons ‘n nuwe nasie en ‘n nuwe taal te maak. Hy is
ons oorsprong en ons ingeneur. Hy is die een wat ons geroep het om ‘n volk te
wees waar daar geen volk was nie en Hy is die een wat ons geboorte gegee het.
Hy is ook die een wat ons in stand sal hou.
Vir 7 jaar, ly
Israel (die volk van God) onder die hand, die heersing, die misbruik van die
Midianiete(twis) en hul compadre, hul bondgenoot Amalek(bewoners in die vallei,
dié van onder, Esau se afstammelinge, die broer wat nie sy gawes waardeer nie
en verkoop dit vir 'n pot sop). Israel (die Volk van God) skuil in grotte en rotsvestings
in die berge. Hulle is magteloos en al wat hulle kan doen is om weg te kruip. Hulle
het sommige van hulle identiteit verloor en ly aan 'n nasionale
minderwaardigheid kompleks. Nou, vra ek die Afrikaner mense; is twintig jaar
nie genoeg nie? Hoe lank sal ons as ‘n nasie ons identiteit wegsteek? Hoe lank
sal ons die skande en skade van ons land en volk oorlaat aan hulle wat ons met ‘n
witwarm haat, haat?
Wanneer God
se volk saai, kom die vyand en verwoes die oes. Twis en die Onder-wooners het
gekom om die Volk in armoede en honger te dompel. Maar die Volk van God roep
uit na die Here. Dit laat mens wonder hoe lank dit sal vat voordat die
noodkreet uit die Afrikaner bors sal kom: “Jesus red Suid Afrika! Verlos ons
nasie van die bose!”
Daar was
niks wat Israel kon doen nie. Hulle verdrukking was so erg dat hulle nie ‘n
milligram moed oorgehad het nie. Hulle kon nie die juk van slawerny afgooi nie.
Hulle kon nie ontsnap nie. Afrikaners word uitgeroei soos peste en niemand in
die wereld gee om nie. Daar is geen toesprake daaroor in die wereld
vergaderings nie en geen popgroep maak liedjies daaroor nie. Dis maar iets wat
almal, die Afrikaner ingeslote, dink dat dit verdiende is. En selfs as dit is,
(en ek se nie een of die ander nie) kan ons net tot die Here uitroep en
vergifnis kry sodat Hy ons kan red van volkome uitwissing Waar is die land van
die Afrikaner nou? Waar is die plek waar hulle Afrikaans praat?
Toe die volk
van God so na die Here uitroep, stuur Hy ‘n profeet om te se: “Die Here se: Ek
het julle uit die land van Egipte gebring (‘n tipe of sonde maar ook dat Hy ons
van Europa gebring het ) van ‘n huis van slaverny. Ek het jou uit die hand van
die Egiptenaars verlos en uit die hand van almal wat julle verdruk het ( Hier
kom die Franse Hugenote na my gedagtes wat vir hulle geloof gevlug het) En ek het julle hierdie land gegee, die erfenis
van die Kanaaniete. (Het die Here nie hierdie land van Suid Afrika vir die
Afrikaner gegee nie. Wat van Bloedrivier? Wat van die gelofte?) En Ek, die Here
se vir jou: Ek is jou God; Vrees nie die gode van die Amoriete nie ( die
praters, stemme. Hulle was die grootste stam in Kanaan en word dikwels gebruik
om die hele Kanaan te bedoel) in wie se land jy nou bly. MAAR JULLE HET NIE MY STEM GEHOORSAAM NIE.
Ongehoorsaamheid
het altyd nagevolge. Ons vergeet God. Ons neem aan die gelowe en gebruike van
ander lande en eet die gemors wat deur Hollywood, New York, London en Parys opgedis
word. Ons neem die identiteit van hulle wat baie wind en min waarde het, en dan
wonder ons waarom ons dieselfde onheil beleef wat hulle so netjies toesmeer.
Dit antwoord ten minste deel van ons vraag: Hoekom?
Nou kom die
ENGEL VAN DIE HERE, ‘n Goddelikke besoek, ‘n openbaring. Die Engel van Die Here
kom 58 keer voor in die skrif. Elke keer is dit in ‘n onmoontlikke situasie; iets
wat menslik onmoontlik is. Dis altyd wanneer daar ‘n Goddelikke ingryping is.
Die eerste keer in Genesis 16:7
Onder ‘n
Terpentyn boom in Ofra(kalfie) is ‘n man, die seun van Joas(gawe van God) ‘n Abiezriet(my
vader is hulp) en sy naam is Gideon(die kerwer, kapper). Hy is in die gat wat
gegrou was om druiwe in uit te trap vir wynmaking, maar hy is besig om koring
uit te slaan vir ‘n bietjie brood. Hierdie was ‘n goeie skuilplek waar die
Twis-mense hom nie kon sien nie. En weer eens sien ek die ooreenkoms met ons
nasie. Hoe moet ons, onsself nou wegsteek om ‘n lewe te maak. Die jongmanne
sukkel om werk te kry en te hou en mense kry nie verhoging of bevordering nie
al is dit verdiend. Hoeveel maal het mens al gehoor: “Pas jou werk op” en
hoeveel sukkel met wrede onregverdigge base want hulle kan nie bekostig om
ander werk te soek nie. Ons mense sukkel en probeer maar so onder die radar as
mooontlik te lewe.
Maar hoor wat die Engel van
die Here vir Gideon(vir jou en my) se: “Die HERE is met jou, dapper held! “ Nou ek is seker dat Gideon oor sy skouer
gekyk het om te sien wie anders daar in die wynpers saam met hom was. - Dit lyk
of dapperheid hoog op die lysie is van dinge wat die Here plesier. Kyk maar na
Joshua 1.- Gideon se antwoord kom in die vorm van vrae en klagtes en wantrou: “Ag,
my heer, as die HERE met ons is, waarom het al hierdie dinge ons dan oorgekom?
En waar is al Sy wonders waar ons vaders ons van vertel het, deur te sê: Het
die HERE ons nie uit Egipte laat optrek nie? Maar nou het die HERE ons verwerp
en ons oorgegee in die hand van die Midianiete.” Kan jy die stemme van ons volk
en nasie hoor wat se dat die Here ons verlaat het; dat ons alleen staan en dat
daar geen hoop is nie?
“IS DIT NIE EK WAT JOU STUUR
NIE?” In die film “the Sound of Music” Maria
se hierdie woorde: “I was on God’s errand!” Hierdie is een van daardie sending wat
van die Here kom. Dis nie oorspronklik van ‘n mens nie.
Maar Gideon kruip nou weg
agter elke ekskuus wat hy kan kry: “Ag, Here, waarmee sou ek Israel verlos?
Kyk, my geslag is die swakste in Manasse, en ek self die geringste in my
familie.” Miskien is dit die rede waarom hy daar in die put was, want hy was
die een wat maar gespaar kon word. Die een wat niemand sou mis nie. Ons het ‘n
soortgelyke antwoord van Moses en koning Saul en Debora en Ester en die lys
gaan aan. Dit lyk mos vir my of die Here hulle soek wat nie ‘n verhoogte idée van
hulleself het nie. Hy soek maar die onnoselle vissermanne.
“EK SAL MET JOU WEES sodat jy
die Midianiete(Twis) soos een man sal verslaan.” Nou, die Here gee nie vir ons ‘n
opdrag en klim dan in die toeskouer sitplek nie. Hy is daar by ons. Hy is met
ons in die geveg. Hy is daar waar ons stry met die dood, met die bose wat ons
wil oorweldig, met die donker magte wat ons wil uitwis.
Maar Gideon is steeds nie
seker nie: “As ek dan guns in u oë gevind het, doen vir my ’n teken, dat U dit
is wat met my spreek.” Hierdie is ‘n groot vraag, want as ons seker is dat dit
die Here is wat met ons praat, het ons geen ander opsie as om te gehoorsaam
nie. Die enigste aksie is om die doen wat Hy se of om ongehoorsaam te wees. Ek
moet ook se dat ons seker moet maak dat ons die regte stem volg. Leer ken Hom
sodat in die tye van nood, jy Sy stem sal herken.
Tweedens moes hy ‘n plek van
aanbidding bou. Hierdie laat my aan die Gelofte Kerk as gevolg van die Gelofte
dink. Daar is meer as een klein kerkie wat die Here van ons land en nasie soek.
Daar is ‘n skrif wat vir Israel vra: As ek die Here is, waar is my eer? En ek
vra ook dat as Hy die Here is waar is Sy eer in ons land en nasie. Voor die
oorneming van ander nasies, het ons ten minste die Sondag geheilig en Sy naam
geheilig. Wie is die God van ons land en nasie nou?
Gideon gehoorsaam bang. Hy
gaan in die nag en doen wat hy beveel was. En die opstoking wat hy verwag het,
kom. Hulle kom om hom dood te maak maar, dis nie al nie, ‘n oorlog breek uit
teen hulle verniellers. Dikwels dink ons die eerste ding wat ons doen moet
geneog wees. Ons dink die klein dingetjie wat die oorstroming veroorsaak het
sal die oorstroming uitvee, maar dit werk nie so nie. Nou het ons ‘n oorlog op
ons hande, maar dis die Here se oorlog. Daar is oorwinning voor die deur want
as dit die Here se geveg is, is daar altyd oorwinning. Hy wen altyd.
DIE GEES VAN DIE HERE HET
GIDEON GEVUL en hy het die vyand op God se manier, met God se bende, verslaan.
Dis baie belangrik om deur die Heilige Gees gelei te wees. Daar is geen plek
vir ons eie emosies en denke om ons in rigtings in te gooi nie. Dis net alleeen
wanneer ons luister na Sy Heilige Gees en gevul met hierdie Gees die vakkel en
erdekruik opneem, dat ons die oorwinning sal sien.
Dit lyk of die Here sy
klaaglied ignoreer: “Gaan in hierdie krag van jou en verlos Israel uit die hand
van die Midianiete.(Twis/oorlog/elllende
en armoede)” Miskien as ons opienie van onsself van die Here kom sal ons ‘n
meer ware beeld he. Hierdie is die roeping van die Here. Dis die ding wat hier
in jou diepste wese kom le wat jou laat doen, al is jy bang. Dit is die
onderskraging wat geen menslikke oorsprong het nie.
Gideon gee ‘n
offerande, en die vuur van die Engel brand dit op. Hierdie is versekering dat
dit wel die Here is wat aan hom verskyn het. Nou bou hy ‘n altar, ‘n monument
en noem dit : Jehovah Shalom – Die Here ons Vrede (die teenoorgestelde van
Midian/twis) Daar sal altyd ‘n offerande wees: Tyd, geld, liefde, aansien,
genot. Ons God is die God van antwoorde. Hy is ons Vrede in plaas van Twis. Hy
is ons skuilplek in tye van onheil. Hy is ons rykdom in armoede. Hy is ons
oorwinning in die dale van verdrukking.
Geen ondervinding met die
Here los ons dieselfde nie. En ons stap altyd weg met iets wat gedoen moet
word. Die eerste item op Gideon se lys is om die afgode af te breek. Wat is ons
afgode vandag? Is dit nie die dinge wat die wereld vir ons se is belangrik nie?
Is dit nie die gierigheid na geld, haat en bitterheid nie? Is dit nie die soeke
na aansien en possiesie nie? Is dit nie om ‘n naam vir onsself te maak nie? Of
miskien is jy ‘n vrymesselaar, dwelmslaaf of alkoelis, verslaaf aan seks of
dobbel of miskien is daar ‘n ander geheime beweging wat teen God en Sy gebod is,
wat jy trou aan gesweer het. Wat is die ding of mens wat jy aanbid in plaas van
God? Miskien is dit self, die eie ek. Dis tyd om daardie af te breek. Om ‘n
vuur te maak en dit te verbrand.
Daar is altyd oorwinning in
die geveg wat aan die Here behoort. Hy verloor nooit. Oorwinning is seker. Dit
is seker as ons gehoorsaam en doen wat Hy bevel. Ons sal oorwin want dis die
Here se oorlog.