Die waterval het so rustig gedruis in die warm somerson. Ek moes vir 'n half uur of so wag tot die klient huis toe kom. Water, viral luidse water trek my. Die dammetjie, leer ek later, was baie dekades gelede gebou en met rooshout uitgevoer. Voor die tyd van elektriesetyd het die mense ys in die winter uitgesaag en in yshutte met hooi gepak vir die somer maande. Dan word die ys in 'n spesiale kombuis kassie met gaasdraatjies of blik stukkies met gate in gesit, om melk en poeding koud te hou. Hierdie dammetjie was daarvoor gebou. Nou sit dit net hier met bossies en dooie bome en lang gras omsingel. Die enigste doel wat dit nou het is om vrede vir die siel te bring. Dis so mooi. Die aanlokking van die gedruis en die koel windjie wat so vrolik deur die blare waai lok my daarheen.
Die grasperk is niks meer as 'n hooiveld wat met 'n grassnyer kort gehou word nie. Ek moet mooi trap want die molletjies het tonnels onder die grond gegrawe en as jy daarop trap, dan val jy. Ek sien die swart, blink koei plop. Nie seker wat dit was nie, het ek eers stil gestaan. Toe dit begin beweeg het ek sommer een groot tree regs getree en uit die ding se pad gekom. Amper een meter lank en ten minste twintig sentimeters rondom die lyf. Daar was geel-wit onder die keel met swart kolletjies. Dit het onder die blare aan die kant van die grasperk verdwyn.
![]()
In hierdie deel van die wereld is daar net twee giftige slange. Een het 'n ratel aan die stert en die ander het 'n drie-sydigge kop. Hierdie een was nie giftig nie maar, my maag was dadelik op 'n knop en my hart het probeer uit my keel spring. Later toe ek die tannie vertel van die slang verduidelik sy vir my dat hy nie giftig is nie. Sy se dat hy ronde ogies het en dat die slange met glefie-oe soos 'n boerbok of 'n kat, giftig is. Ek weet nie van enige Afrikaner wat na genoeg aan 'n slang sal kom om te kyk watse oe die ding het nie.
In my boeke is die enigste goeie slange, dooie slange.
Op die webblad oor slange in hierdie area, se dit dat die swart, slymerigge slang beskermed is.... dit plaas my in 'n hoek.
No comments:
Post a Comment