Hier in Amerika is daar 'n vakansie dag, 'n feestyd wat om dankbaarheid draai. Dit laat my glimlag sedert God en Sy gebod meer en meer verban word uit hierdie nasie. Tog is die fees van Dankbaarheid nog in die kultuur.
Ons was twee ure op die pad om by my swaer se huis te kom. Dis op 'n grond pad wat op 'n heuwel sit en ek kommer al vir amper 'n week of die voertuie die rylaan sal uitkom. Dit het gesneeu, omtrent 8 duim, en die pad was vol ys. Die denne-bome was asemrowend mooi op die laaste stuk pad maar toe mis ons die afdraai. Dank die Vader vir selfoon diens. Stacia is half Grieks en half-Rooi Indiaan. Sy het hierdie fees maal al tot 'n kuns uitgewerk. Dit word in hierdie familie as 'n "Buffet" voorgesit en Stacia gebruik "Slow-cookers" om die kos lekker warm te hou. Daar is iets warm en tuis van hierdie huis. Dis 'n hout huis met hout pilare binne. Die verhitting is 'n groot ou houtstoof in die kelder. Die hout rook meng met al die gesellige geure van die kos en koek en terte. Dis lekker om deel van 'n familie te wees.
Die twee ure terug word gebruik om informasie te deel en Ouma en Ou-tante te bespreek. Wel, ouma is amper 80 en die groot tannie is 90. Daar is baie wysheid wat uit hulle kom en ons waardeer elke oomblik daarvan. Vanjaar was daar 'n nuweling. Een van die neefs is verlede maand getroud en sy vroutjie was saam vir die eerste keer. Die geskiedenis kom uit 1621 fees te Plymouth in deesdae se Massachusetts. Dis 'n fees oor hoe God 'n Rooi Indiaan met die naam van Squanto gestuur het om die Pilgrims te wys hoe om te plant vir kos. Gedurende die vreeslike vorige winter het baie van die setlaars omgekom van honger en koue. Die huidige feesdag was ingestel deur President Abrahm Lincoln gedurede die burger oorlog in 1861... "to set apart and observe the last Thursday of November next, as a day of Thanksgiving and Praise to our beneficent Father who dwelleth in the Heavens."
Dankbaarheid vul my vir hierdie familie. Vir my gesin wat nog almal redelik gesond en hier rondom my is. Dankbaar vir klein Tayler wat gebore is. Dankbaar dat Joshua hier is. Ag, dis sommer goed om net dankbaar vir alles te wees. "Dankie Hemelse Vader, vir al U ontelbare gawes."